Deimos (maan)

maan van Mars

Deimos (Grieks: Δείμος; ook Mars II[5]) is die kleinste en verste van die twee mane van die planeet Mars. Die ander maan is Fobos. Dit is genoem na Deimos, 'n seun van Ares (Mars) en Afrodite in die Griekse mitologie, en beteken "terreur" of "vrees".[5]

Deimos   Deimos se sterrekundige simbool
Deimos
Deimos, soos op 21 Februarie 2009 waargeneem deur die wenteltuig Mars Reconnaissance Orbiter.
Ontdekking
Ontdek deur Asaph Hall
Datum 12 Augustus 1877
Alternatiewe nameMars II
Wentelbaaneienskappe[1]
Epog J2000
Halwe lengteas 23 460 km
14 580 myl
Wentelperiode 1,262 44 dae
30,30 h
Gem. omwentelingspoed 1,35 km/s
Baanhelling 0,93° (tot Mars se ewenaar)
1,793° (tot onveranderbare vlakte)
27,58° (tot Ekliptika)
Satelliet van Mars
Fisiese eienskappe
Afmetings 15 × 12,2 × 10,4 km[2]
Gem. radius 6,2 km
3,9 myl[3]
Massa 1,48×1015 kg
(2,5×10-10 Aardes)
Gem. digtheid 1,471 g/cm³[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
0,003 9 m/s²
(3,9 mm/s²)
0,000 40 g (400 µg)
Ontsnapping-
snelheid
5,6 m/s
20 km/h
Rotasieperiode sinchronies
0,068[3]
Temperatuur ≈233 K
Skynmagnitude 12,4[3][4]
Die teleskoop gebruik om Deimos en Phobos die eerste keer waar te neem.
Wentelbane van Phobos en Deimos (volgens skaal).

Dit is ook een van die kleinste mane in die Sonnestelsel.

Ontdekking

wysig

Deimos is op 12 Augustus 1877 die eerste keer waargeneem deur die Amerikaanse sterrekundige Asaph Hall by die Amerikaanse Marinesterrewag in Washington, D.C.[6] Asaph Hall het ook Fobos, Mars se ander maan, ontdek.

Die name is voorgestel deur Henry Madan (1838-1901), natuurwetenskapmeester by Eton, vanuit Boek XV van die Ilias, waar Ares sy twee seuns (Phobos en Deimos) oproep.[5][7]

Deimos is in 1971 van naderby gefotografeer deur Mariner 9, in 1977 deur Viking 1, in 1988 deur Phobos 2, in 1998 en 2003 deur Mars Global Surveyor en in 2004 en 2008 deur die Mars Express.

Verwysings

wysig
  1. Jacobson, R.A. and Rush, B. (2006) MAR063 (28 Junie 2007). "Planetary Satellite Mean Orbital Parameters" (in Engels). JPL/NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 13 Februarie 2008.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. "Mars: Moons: Deimos". NASA Solar System Exploration. 30 September 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 18 Augustus 2008.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 "Planetary Satellite Physical Parameters" (in Engels). JPL (Solar System Dynamics). 13 Julie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 29 Januarie 2008.
  4. "Classic Satellites of the Solar System" (in Engels). Observatorio ARVAL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 28 September 2007.
  5. 5,0 5,1 5,2 Blunck, Jürgen (2009). "The Satellites of Mars; Discovering and Naming the Satellites". Solar System Moons: Discovery and Mythology. Springer. p. 5. ISBN 978-3-540-68852-5.
  6. Observations of the Satellites of Mars
  7. Hall, Asaph; Names of the Satellites of Mars, Astronomische Nachrichten, Vol. 92, No. 2187 (14 Maart 1878, signed 7 Februarie 1878), p. 47/48

Eksterne skakels

wysig

Eietydse verwysings na die eerste waarneming van Phobos en Deimos: