Piekenierskloofpas
Voorkoms
Piekenierskloofpas | |
Ligging | Suid van Citrusdal |
---|---|
Maksimumhelling | 1:16 |
Hoogte | 519 m |
Oppervlak | Teer |
Ingenieur | Thomas Bain |
Begin in | 1857 |
Pad | N7 |
Die Piekenierskloofpas is 'n bergpas wat deel van die N7 nasionale pad uitmaak, net suid van Citrusdal en in die berge wes van die Olifantsrivier in die Wes-Kaap. Die naam lei terug na gevegte tussen die Khoikhoi en soldate van die Nederlands-Oos-Indiese-Kompanjie. Piekeniers (lansiers) is opgestel in verskeie plekke in die Piekenierskloof om die boere teen strooptogte van die Khoikhoi te beskerm. Thomas Bain het die eerste pas deur die kloof gebou in 1857 en die pas is toe Greyspas genoem. Gedurende 1960 is die pas geteer en hernoem as Piekenierskloof. Die pas bereik sy hoogste punt op 519 m bo seevlak en het 'n maksimum steilte van 1:16. [1][2]
Sien ook
Verwysings
- Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 8. Kaapstad: Nasou, 1973. ISBN 0-625-00324-1
- ↑ Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995 ISBN 1-86842-026-4
- ↑ Padlangs deur Suid-Afrika. 2010. ISBN 978-1-77007-751-5